Registrasie
Ervaar dit self—skep 'n gratis rekening en begin verken!
Vinnige opstelstappe
Registreër by: Geo-Irrigation Portal
Indien ’n faktuur na betaling vereis word, kan die nodige besonderhede en e-posadres hier verskaf word. Dit is egter opsioneel, en betaling kan sonder faktuurbesonderhede geskied.
Geo-Irrigation se dienste funksioneer op ’n voorafbetaalde sisteem, en die beskikbare balans weerspieël balans van die inbetalings en transaksies. Hierdie balans kan aangevul word deur op die verskafde knoppie te klik en die proses te volg. ’n Faktuur word outomaties via e-pos gestuur sodra enige betaling gemaak is.
Alle velde wat aanbevelings benodig, word in hierdie afdeling opgestel. Veldbesonderhede word eenmalig gekonfigureer; in ’n databasis gestoor, en kan vir verskillende gewasse in toekomstige seisoene gebruik word. Velde word maklik op die verskafde geografiese kaart gemerk word. As enige veld se parameters verander, selfs terwyl ’n gewas bestuur word, kan aanpassings gemaak word.
Gebruikers kan hul eie strategie of “resep” vir die besproeiing van ’n gewas opstel. Die voordeel is dat, sodra ’n resep werk, dit jaar ná jaar herhaal kan word. Soms verkies ’n gebruiker om ’n gewas effens oor- of onder te besproei. ’n Goeie voorbeeld van beplande oorbesproeiing is wanneer die grond effens sout is en ekstra water benodig word om die soute uit te spoel. ’n Ander voorbeeld is ’n veld wat meer wind kry en dus meer water benodig as ander velde op die plaas. Sekere strategieë is ook spesifiek aan bepaalde kultivars gekoppel.
’n Sessie kombineer die volgende elemente om aanbevelings te aktiveer:
- Die veld waarin die gewas geplant is
- Plantdatum
- Strategie wat gevolg moet word
- Metode om te bepaal wanneer aanbevelings outomaties moet stop
Hierdie afdeling stoor die besonderhede van alle individue aan wie besproeiingsaanbevelings gestuur moet word hetsy ‘n opsommings vir die plaas of per veld. Hierdie kontakte kan met tyd opgedateer of bygevoeg word. Aanbevelings kan via e-pos of WhatsApp gestuur word.
’n Opsomming van alle veldspesifieke aanbevelings kan geskeduleer word vir daaglikse aflewering, of minstens een keer per week. Kennisgewingvoorkeure word hier ingestel. Byvoorbeeld, ’n tipiese gebruiker kan verkies om opdaterings elke Maandag en Donderdag te ontvang.
Die Maandag-aanbeveling sal die besproeiingsbehoeftes dek vir Maandag tot Woensdag, terwyl die Donderdag-aanbeveling Donderdag tot Sondag sal dek.
Vooraanstaande landboudiensverskaffers bestuur dikwels watergebruik namens hul kliënte en benut ook die platform vir bemarkingsdoeleindes. Pasgemaakte bemarkingsboodskappe kan in hierdie afdeling gekonfigureer word en sal outomaties aan die onderkant van alle uitgaande e-posse ingesluit word.
