Oorsig

Maak 'n ingeligte keuses en maksimeer jou opbrengs

Besproeiingsbehoeftes word daagliks bereken met behulp van die nuutste satellietdata.  Die resultate van die berekening word dan per e-pos of WhatsApp aan die gebruiker gestuur. Die inhoud van die aanbeveling bestaan uit die volgende kolomme:

Die berekeningsmodel pas ook die volgende parameters toe:

- ​Besproeiingssisteem effektiwiteit
- ​Benatte area
- ​Frekwensie van besproeiing
- ​Grondtekstuur
- ​Gewas

Die stelsel is ontwerp om gebruikersvriendelik te wees

Die opstelling van 'n plaas met 'n paar besproeiingsblokke kan minder as een uur neem. Die eerste aanbeveling sal die volgende oggend verskaf word. Geen hulp van bemarkingspersoneel is nodig om die opstelling te doen nie.

Aanbevelings kan via e-pos of WhatsApp gemaak word. Gewoonlik verkies plaasbestuurders om die aanbeveling in 'n opsomming per e-pos te ontvang, terwyl personeel wat 'n spesifieke veld bestuur eerder WhatsApp verkies. Enige kombinasie van hierdie metodes is moontlik.

Betaling vir die diens is op die webwerf geïntegreer.

Gebruikers doen gewoonlik 'n voorafbetaling van enige bedrag wat hulle verkies, en diensfooie word elke dag van die voorafbetaalde saldo afgetrek. 

Indien die saldo's nul bereik, word die diens outomaties gestaak sonder enige verdere finansiële verpligting.

Voordele

Insetkoste kan geoptimiseer word as volg.
- ​Verminderde watergebruik
- ​Verhoogde effektiwiteit van kunsmis en chemise middels
- ​Verlaagde elektrisiteits verbruik
Geen arbeid benodig om toerusting te installeër nie.

Potensiele voordele

  • Verhoogde opbrengs
  • Verbeterde kwaliteit
  • Verhoogde netto wins
  • Verlaging van siektedruk

Gesonde beginsels

Alhoewel die stelsel hoogs akkurate en effektiewe riglyne vir besproeiingsbestuur verskaf,
vervang dit nie gesonde boerderypraktyke nie.

Voorbeelde sluit die volgende in: 
- ​Besproeiing om behoorlike ontkieming van saad te verseker
- ​Bestuur van waterafloop op gronde met 'n lae infiltrasietempo
- ​Vermindering van anaërobiese toestande in die grond

Scroll to Top